KENNISGEWING: 88/2026
GOEDGEKEURDE 2026/2027 KONSEP BEGROTING EN KONSEP GEWYSIGDE VYFDE
GENERASIE GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2026/2027
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 22 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële
Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en Artikel 18 van die Munisipale Begrotings en Verslagdoening
Regulasies 2008 onderskeidelik, dat die Konsep Begroting vir 2026/2027 goedgekeur is gedurende die
Raadsvergadering van 31 Maart 2026.
Kennis geskied ook hiermee ingevolge Artikel 25(4) van die Munisipale Stelsels Wet 2000 (Wet No. 32 van
2000) dat die Konsep GOP vir 2026/2027 aangeneem is gedurende die Raadsvergadering van 31 Maart
2026.
Ingevolge Artikel 21A van die Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet No. 32 van 2000), word die gemeenskap
genooi om ten opsigte van die Konsep Begroting en Konsep GOP vir 2026/2027 skriftelik kommentaar of
vertoë te rig aan die munisipaliteit, teen nie later as 30 April 2026.
Die Raadsbesluit, en alle ander tersaaklike dokumentasie, is beskikbaar gedurende kantoor ure by die
munisipale kantore en biblioteke in Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Lambertsbaai en Elandsbaai. Die
gemelde dokumentasie sal ook beskikbaar wees op die webwerf van die Munisipaliteit:
www.cederbergmun.gov.za.