KENNISGEWING: 61/2026
GOEDGEKEURDE 2026/2027 KONSEP BEGROTING EN KONSEP GEWYSIGDE VYFDE
GENERASIE GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2026/2027
Cederberg Munisipaliteit gee hiermee kennis ingevolge Artikel 16 (1) en 29 (1) (b) van die Wet op Munisipale Stelsels (Wet 32 van 2000) dat ope dae gedurende April 2026 gehou sal word om publieke insae te verkry vir die Konsep Gewysigde 5de Generasie Geintegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2026/2027 en Begroting.
Die Raadsbesluit, en alle ander tersaaklike dokumentasie, is beskikbaar gedurende kantoor ure by die munisipale kantore en biblioteke in Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Lambertsbaai en Elandsbaai. Die gemelde dokumentasie sal ook beskikbaar wees op die webwerf van die Munisipaliteit: http://www.cederbergmun.gov.za/resource-category/integrated-development-plan.
Enige navrae kan gerig word aan Dmitri Frantz by (027) 482 8000 of per epos na dmitrif@cederberg.gov.za .
| Wyk | Plek | Datum | Tyd | Lokaal | Aktiviteit |
| Wyk 6 | Wupperthal | 8 April 2026 | 14:00 | Een Drag Saal | Formele vergadering |
| Wyk 6 | Algeria | 9 April 2026 | 15:00 | Gemeenskapsaal | Formele vergadering |
| Wyk 6 | Paleisheuwel | 12 April 2026 | 15:00 | JP Visser Saal | Formele vergadering |
| Wyk 5 | Lambertsbaai | 13 April 2026 | 9:00-15:00 | Don Burrel Saal | Opedag |
| Wyk 5 | Leipoldtville | 14 April 2026 | 18:00 | VGK Saal | Formele vergadering |
| Wyk 4 | Elandsbaai | 15 April 2026 | 9:00-15:00 | Gemeenskapsaal | Opedag |
| Wyk 4 | Graafwater | 16 April 2026 | 9:00-15:00 | Biblioteek Saal | Opedag |
| Wyk 3 | Clanwilliam | 20 April 2026 | 9:00-15:00 | Kathy Johnson Saal | Opedag |
| Wyk 2 | Citrusdal | 21 April 2026 | 9:00-15:00 | Vicky Zimri Saal | Opedag |
| Wyk 1 | Karnmelksvlei | 23 April 2026 | 18:00 | Karnmelksvlei Saal | Formele vergadering |
Last published 01 April 2026